Tsongkhapa | ||
Vertalings | ||
Tibettaans | ཙོང་ཁ་པ། | |
Wylie | tsong kha pa blo bzang grags pa | |
Vereenvoudigde Sjinees | 宗喀巴 | |
Pinyin | Zōngkābā |
Tsongkhapa of Je Rinpoche (1357-1419) is die stigter van die Gelug-skool van Tibettaanse Boeddhisme. Sy naam beteken "Man uit die Uievallei". Hy word ook soms Je Tsongkhapa genoem; sy naam as monnik was Lobsang Drakpa. Die twee belangrikste eienskappe van die Gelug-tradisie is die eenheid van soetra en tantra en die klem op die vinaya (morele kloosterkode).